SKATKISBOEKE • Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet • Memories of vintage books is a treasure to enjoy

SWERWER SPEURDER REEKS - PRONK BOEKE

Die Swerwer-speurder reeks handel oor ’n privaat speurder met die naam van Obed de Swardt. Hy bly saam met sy wolfhond genaamd Jagter en sy persoonlike sjef genaamd Amos, in Drie Gewels, ’n gerieflike groot huis in Linden, Johannesburg. Dan is daar ook sy aanvallige nooientjie Tessa Brink, wat hom ondersteun in vele van sy privaat speurwerk. Van jongs af het Obed al belang gestel in kriminologie en dit is juis hierdie uitdaging om kragte te meet met kriminele, wat aan hom die avontuur en lewenslus besorg waarna hy soek. Weens sy uitstekende rekord het Obed ook baie gou bekend geraak as die bobaas swerwer-speurder in die land. Verder is hy ook ’n kranige rugbyspeler wat vir Transvaal rugby speel in die vleuel posisie.

Obed het ’n Bosveldplaas by sy pa geërf en daar boer ’n voorman namens hom op die plaas. Die inkomste wat daaruit gegenereer word, is meer as genoeg vir Obed om luuks te lewe. Ten spyte daarvan dat Obed nie nodig het om te werk nie, doen hy privaat speurwerk en spoor hy meeste van sy sake self op, waarvoor hy gewoonlik nie betaling ontvang nie. Soms kontak sy een polisie vriend Eddie hom, om te help met ’n belangrike saak, wat die polisie sukkel om self opgelos te kry. Dan is daar ook Jan Wiese, ’n goeie vriend van Obed, wat ’n redaksielid is van ’n groot dagblad in die stad en Obed verskaf altyd eerste vir hom die storie, in ruil vir sy hulp van tyd tot tyd. Elke storie is uniek en propvol spanning en intriges wat die leser deurgaans aan die raai sal hou en groot genot sal verskaf om te lees.

⭐ 22 Voorblaaie Gelys 📖 Storieboeke Reekse
🔍

VOORBLAAIE VERSAMELING

22 Items
#1 Riete in die wind

Riete in die wind

Braam le Roux 1956
#2 Wraak is myne

Wraak is myne

Braam le Roux 1956
#3 Met 'n druppel wyn

Met 'n druppel wyn

Braam le Roux 1956
#4 Sterf om twaalfuur

Sterf om twaalfuur

Braam le Roux 1956
#5 Kettings vir die siel

Kettings vir die siel

Braam le Roux 1957
#6 Vrees vannag

Vrees vannag

Gerrie Radlof 1957
#7 Bloedig die donker

Bloedig die donker

Gerrie Radlof 1957
#8 Die dodelike driehoek

Die dodelike driehoek

Gerrie Radlof 1957
#9 Die dood het vlerke

Die dood het vlerke

Gerrie Radlof 1958
#10 Voltrek die vonnis self

Voltrek die vonnis self

Gerrie Radlof 1958
#11 Moord in die myn

Moord in die myn

Gerrie Radlof 1958
#12 Die geheim in die graf

Die geheim in die graf

Gerrie Radlof 1958
#13 Die dood kruip nader

Die dood kruip nader

Gerrie Radlof 1958
#14 Kiem van die dood

Kiem van die dood

Gerrie Radlof 1959
#15 Ses sal sterf

Ses sal sterf

Gys van Graan 1959
#16 Beeldskone erfgename

Beeldskone erfgename

Gys van Graan 1959
#17 Twee rye spore

Twee rye spore

Gys van Graan 1960
#18 Geheime erfenis

Geheime erfenis

Gys van Graan 1960
#19 Dreigement uit die dode

Dreigement uit die dode

Gys van Graan 1960
#20 'n Fortuin op die spel

'n Fortuin op die spel

Gys van Graan 1960
#21 Die glimlag van gevaar

Die glimlag van gevaar

Gys van Graan 1960
#22 Die verlore Burggraaf

Die verlore Burggraaf

Gys van Graan 1960